Skip to main content Skip to footer

Donkerster as voorgeskrewe boek

Donkerster

Skrywer: Annerle Barnard

Ouderdom: 15+

Voorgestelde grade: Graad 9 tot 10 HT en graad 11 EAT

Meer oor die boek:

Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie. Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Wouter, toekomstige hoofseun en sterkrieketspeler; Stef, die sjarmante ouer buurseun; en Xander, ’n hardwerkende dromer en doring in haar vlees. Paaie kruis en die gevaar styg wanneer Carli uitvind dat wildstropers die naburige rehabilitasiesentrum vir leeus en ander groot katte teiken. Carli, haar vriende en haar jonger boetie, Julian, besluit om ’n paar aande te help waghou sonder dat hulle ouers weet. Toe dinge skeefloop is almal in gevaar, en dis Carli se skuld. Is daar vir hulle uitkoms?

Klik hier om hoofstuk een en twee te lees.

Wat sluit die Studiegids in?

Skrywer

Preleesaktiwiteite
Aanhalings
Agtergrondkennis
Omslag

Verhaalelemente

Kritiese taalbewustheid

Kontekstuele vrae

Postleesaktiwiteite
Titel
Resensie
Geskrewe take
Mondelingtake
Paragraafvrae
Opstelvrae

Nasienriglyne

Klik hier om 'n gratis aktiwiteit oor die omslag af te laai.

Kyk Annerle Barnard se video hier.