Skip to main content Skip to footer

Die woud van sneeu en ys Uittreksel

Die woud van sneeu en ys

Skrywer: Frenette van Wyk

Ouderdom: 17+

Aanbevole graad: Graad 11 HT en graad 12 EAT

Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie.
Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar.

Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in?

Klik hier om 'n uittreksel uit Die woud van sneeu en ys te lees.