Die WARE avonture van Adelie en Riley 3 & 4
Die WARE avonture van Adelie en Riley 3 & 4
Skrywer: Felicia Snyman du Toit
Ouderdom: 7+
Voorgestelde grade: Graad 4 tot 5 HT en graad 6 tot 7 EAT
Die Moesters
Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ... In Die MOEsters gaan Adelie en Riley se gesin almal saam op vakansie. Hulle bly op ’n pragtige plaas waar daar allerlei plaasdiere wei. Maar hoekom tree die beeste ewe skielik snaaks op? Amper asof hulle zombies is ... Hoe gaan Adelie en Riley uit die penarie kom?
Klik hier om die eerste hoofstuk uit Die Moesters te lees.
Die Wakker-akkers
In Die wakker-akkers het Adelie en Riley met ’n heel ander “monster” te make. Die akkerboom in haar ouers se tuin gooi ’n klomp akkers af. Hoekom lyk dit vir Adelie of die akkers ’n vorm begin aanneem en vir haar en Riley aanval? Hoe gaan hulle die tornado van akkers keer?
Klik hier om die eerste hoofstuk uit Die wakker-akkers te lees.
