Die seun met die swaeltjie as voorgeskrewe boek
Die seun met die Swaeltjie
Skrywer: Fanie Viljoen
Ouderdom: 13+
Voorgestelde grade: Graad 8 tot 9 HT en graad 10 EAT
Meer oor die boek:
Die wenner van die 2025-LAPA-Jeugromankompetisie!
“Jy het ’n goeie hart, Tumelo. Maar onthou, familie is belangrik. Ons kyk eers na mekaar.” Tumelo tel een middag ’n swaeltjie in die veld op. Sy is swak en beseer, maar hy wil haar gesond maak. Fumane moet weer vlieg. Gou word Tumelo egter soos daardie swaeltjie. 'n Slegte ding gebeur in hulle gesin: Eers met sy ma. En toe met sy pa. Tumelo en sy sussies bly alleen agter in hulle sinkhuis in die township. Wat gaan hy nou doen? Hulpeloos bly lê? Of kan hy weer vlieg?
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Wat sluit die Studiegids in?
1. Inleiding en voorwerk
1.1 Hoe om hierdie gids te gebruik
1.2 Die outeur `
1.3 Die teikenleser en genre
2. Die voorblad en titel
2.1 Die titel
2.2 Die voorblad
2.3 Voorspel die storie
3. Slim storie-speurders: Hoe die storie werk
3.1 Die verteller
3.2 Intrige
3.3 Karakterisering
3.4 Ruimte en atmosfeer
3.5 Konflik
3.6 Spanning
3.7 Tyd
3.8 Motief
4. Kom ons gesels oor dinge wat saak maak
4.1 Padveiligheid
4.2 Gesinsdinamika
4.3 Alkoholmisbruik
4.4 Ubuntu
5. Kontekstuele vrae en aktiwiteite
6. Bonuspret vir die klaskamer
6.1 Vou jou eie hoop-swaeltjie
6.2 Speel ’n bordspeletjie
7. Groot vrae en jou eie mening
7.1 Die groot reis na volwassewording (opstelvraag)
7.2 Word ’n boekresensent (resensie)
8. Die antwoordsleutel (Kyk of jy reg is!)
9. Vir die onderwyser
9.1 Berei die klaskamer voor
9.2 Bordspeletjie
9.3 Luistertoets
9.4 Letterkundeprojek vir Kwartaal 3 en 4
Klik hier om 'n gratis aktiwiteit oor hoofstuk een af te laai.
Kyk Fanie Viljoen se video hier