Skip to main content Skip to footer

Die Kompleks-speellys

"Terwyl ek Corn Flakes eet, kyk ek YouTube op ons 55-inch Samsung Smart TV (*68). Ek het weer afgekom op Deon Meiring se Maandeindesessies. Ek is mal oor sy musiek, veral “Grensbewoner”: “Want ek’s my lewe lank ’n grensbewoner. Tussen die hemel en die doodgewone, hunker ek terug na ’n plek waarheen ek kon ontvlug, gestrand tussen gister en die geheime wat voorlê.”

Ek weet ek het ’n geneigdheid tot die dramatiese, maar partykeer ... Ek weet hoe dit voel om ’n grensbewoner te wees.

*Voetnota 68: My pa het dit eendag hier aangebring. Hy het dit baie duidelik gemaak dat dit Bluetooth het en ek nou my oorfone kan gebruik wanneer ek Xbox speel. Ek is onseker of dit werklik ’n geskenk was."

Klik hier om die hele Spotify-speellys te bekom of skandeer die onderstaande skakel via die Spotify App om die hele speellys te bekom.