Skip to main content Skip to footer

Die kasteel van die blou draak Uittreksel

Die kasteel van die blou draak

Skrywer: Troula Goosen

Ouderdom: 13+

’n Vakansie in Italië by haar gunsteling tannie is presies wat Nicki nodig het, en sy is vasberade om nie toe te laat dat haar nuwe stiefsussie, Bella, dit vir haar bederf nie. Maar dit vat nie lank vir vreemde dinge om te begin gebeur nie. In ’n winkel in Venesië sien sy ’n pragtige antieke ring met ’n draaksimbool, maar word gedwing om dit te koop omdat sy dit skielik nie van haar vinger kan afkry nie. Dan vertrek hulle almal na die beroemde Castello di Zumelle sodat haar tannie ’n vriend kan uithelp. Dis daar waar dinge regtig begin vreemd word, en Nicki bevind haarself binne-in ’n magiese Middeleeuse avontuur met tydreisende ridders, ’n wraaksugtige gravin ... en die legende van die Blou Draak.

Die kasteel van die blou draak is ’n heerlike tydsreisavontuur deur bekroonde skrywer Troula Goosen.

Klik hier om die eerste hoofstuk van Die kasteel van die blou draak deur Troula Goosen te lees.