Die avonture van Adelie en Riley as voorgeskrewe boek
Die avonture van Adelie en Riley 1 & 2
Skrywer: Felicia Snyman du Toit
Ouderdom: 9+
Voorgestelde grade: Graad 4 tot 5 HT en graad 6 tot 7 EAT
Meer oor die boek:
Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley.
Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in 'n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip ...
In Die Swembadmonster verander 'n prettige dag in die swembad in 'n avontuur waarin 'n groot seekat vir Adelie en Riley probeer vang. Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker. Maar hoekom is daar 'n stuk slymerige poot wat agter bly?
In Die Amadidas speel Adelie en Riley op die klimraam. Skielik is hulle omring deur baie bomme en bosse - die Amasone! Groot, kwaai voëls probeer hulle bykom. Adelie en Riley moet saamwerk om die vreemde voëls af te weer ...
Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker. Maar hoekom bly daar groot blertse op die klimraam agter?
Klik hier om die eerste hoofstuk uit Die Swembadmonster te lees.
Wat sluit die leesgids in:
1. Die skrywer
2. Die voorblaaie
3. Letterkundige aspekte
3.1 Titel
3.2 Verhaallyn (intrige)
3.3 Verteller
3.4 Karakters
3.5 Konflik
3.6 Spanning
3.7 Ruimte (omgewing/milieu)
3.8 Tyd
3.9 Temas
3.10 Kritiese taalbewustheid
3.11 Beeldspraak en stylfigure
4. Die ware avonture van Adelie & Riley — Die Swembadmonster
5. Die ware avonture van Adelie & Riley — Die Amadidas
6. Antwoorde
Klik hier om 'n aktiwiteit oor die voorblad van Die Swembadmonster af te laai.