Skip to main content Skip to footer

Dames en Here: Redenaars en Debat

Dames en Here

Skrywer: Dr. Elbie Adendorff, Lisinda de Jager, Elize Steenkamp

Ouderdom: Geskik vir enigiemand wat voor 'n gehoor moet praat

Hiérdie boek is voorwaar jou eenstopgids vir ALLES oor toesprake. “Dames en Here” is dié boek wat jou onder andere gaan help met die hoe en die wat van: redenaars (individueel en spanne), debatte (al die verskillende soorte), toesprake soos bedankings-, motiveringstoesprake ens., onderwerptontleding, die saamstel en skryf van ’n toespraak, die aanbied en lewering van ’n toespraak, die reëls en beoordeling van redenaars- en debatkompetisies en nog vele meer. Daar is wenke van streeksbeoordelaars en gesoute afrigters van regoor Suid-Afrika in sowel as wenke vir onderwysers oor hoe om ’n debat- of redenaarskompetisie te reël. ’n QR-kode gaan toegang gee tot wentoesprake.

Klik hier om die eerste bladsye van Dames en Here deur Dr. Elbie Adendorff, Lisinda de Jager, Elize Steenkamp te lees.