Chloe en die Dino-baba Uittreksel
Chloe en die Dino-baba
Skrywer: Felicia Snyman-du Toit
Ouderdom: 9+
Voorgestelde grade: Graad 5 tot 6 Huistaal
Chloe is altyd besig om te wonder en te eksperimenteer … Sy gaan eendag ’n uitvinder en wetenskaplike word!
Maar wanneer sy haar nuutste uitvinding in die agterplaas toets, loop dinge skeef. ’n Reier, ’n gevaarlike hoë boom en ’n boetie wat skielik van vorm verander, is net die begin van ’n dag vol chaos.
Chloe en haar boetie beland in ’n ongelooflike avontuur vol ninja-apies, geheimsinnige bure en ’n agterplaas wat nooit weer dieselfde gaan wees nie.
Met humor, kreatiwiteit en ’n tikkie moed moet Chloe plan maak om haar broer weer mens te kry — voordat Ma iets agterkom!
Klik hier om die eerste hoofstuk van Chloe en die Dino-baba deur Felicia Snyman-du Toit te lees.