Skip to main content Skip to footer

Breinlabirint Uittreksel

Breinlabirint

Skrywer: François Bloemhof

Ouderdom: 15+

Voorgestelde grade: Graad 10 en 11 Huistaal 

BANGMANSKLOOF IS ’N BANGMAAKPLEK …

Louw Erasmus word een oggend deurmekaar wakker. Alles in sy lewe voel vreemd, insluitend sy ouers. Hoewel alles normaal lyk in hul weelderige huis in Bangmanskloof, voel hy dat iets verkeerd is.

Daar is gapings in sy geheue, en sy lewe voel soos ’n vervolgverhaal met ontbrekende hoofstukke. Hy voel amper soos ’n gevangene in die groot, koue huis. Hy het ’n merk om sy nek, en die verhaal van hoe hy dit gekry het, is net die eerste van vele skokke. Raaisels, geheime, en gevare. Wat is werklik aan die gang?

Met Breinlabirint het die bekroonde François Bloemhof ’n nuwe soort boek geskep – een wat in die vorm van ’n vervolgverhaal aangebied word. Hierdie storie sal beide avontuurlustige en trae lesers op meer as een manier betrek. Dit is ’n boek wat op ’n nuwe manier geskryf en gelees moet word!

Klik hier om die eerste hoofstuk van Breinlabirint deur François Bloemhof te lees.