Benru se Boomskok Uittreksel
Benru se boomskok
Skrywer: Felicia Snyman-Du Toit
Ouderdom: 11+
Voorgestelde grade: Graad 5 en 6 Huistaal en Graad 7 Eerste Addisionele Taal
Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie ’n liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan.
Benru dink gereeld nog aan sy ouers. Hoe hulle skielik verdwyn het. Die polisie sê dat hulle dood is. Maar Benru is nie so seker nie ...
Deesdae is baie dinge vir Benru vreemd.
• Het Wayne regtig deur ’n boom in Ouma se agterplaas geklim en DEUR TYD GEREIS?
• Wie is die eienaardige mense wat aan die deur klop?
• Het Benru magte waarvan hy nie weet nie?
Benru is in vir ’n wegholrit van ’n avontuur van tydsreis, geheime agente en spesiale magte!
Klik hier om die eerste hoofstuk van Benru se boomskok deur Felicia Snyman-Du Toit te lees.