Skip to main content Skip to footer

Ben gaan skool toe Uittreksel

Ben gaan skool toe

Skrywer: Zuléka Smit

Ouderdom: 7+

Ben hou nie van skool toe gaan nie. Die ander kinders is lelik met hom en hy het glad nie maatjies nie! Maar sy mamma vertel hom dat Jesus vir hom lief is. Die volgende dag kondig juffrou aan dat hulle konsert gaan hou! Dalk sal hy uiteindelik kans kry om maats te maak!

Klik hier om 'n uittreksel van Ben gaan skool toe te lees!

Oor die skrywer (links)

Zuléka Smit is ’n lief-vir-die-lewe kindertuin-onderwyseres en motiveringspreker met ’n passie vir jongmense en skryf. Gebore in Kroonstad, maar geswore Bolander wat haar matriek aan die Hoërskool Albertinia voltooi het, het Zuléka ná skool haar B.Ed onderwysgraad cum laude aan die Kaapse Technikon Wellington Kampus behaal. Sy begin haar loopbaan by Klein Boishaai in die Paarl waar sy reeds die afgelope 15 haar lewe daaraan wy om klein mensies voor te berei vir die lewe en ’n stewig fondasie te lê in hul lewens. Sy is tans voltyds koshuismoeder by ’n hoërskool waar sy haar passie vir die opvoeding en leiding van jongmense verder uitleef. Zuléka is by uitstek ’n familiemens en is getroud met Johan. Hulle het twee pragtige kinders, Karli en Heini.