Skip to main content Skip to footer

ATKV Woordveertjies 2022

ATKV Woordveertjies 2022

"As deel van die Woordveertjies word die ATKV-Kinderboektoekennings aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die beoordelaars van hierdie toekennings is jong lesers self. Dit onderskei hierdie projek van alle ander toekennings.

Die ATKV-Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en leesbevordering aan te moedig. Terselfdertyd word erkenning verleen aan skrywers, uitgewers en illustreerders vir die belangrike rol wat hulle speel om jong mense aan die lees te kry."

Ons deel graag met julle LAPA Uitgewers se wenners:

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3

  • Illustreerder: Johann Strauss – Ouma Mollie en die mensvreter

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5

  • Skrywer: Peti Troskie – Lukas bou ’n superkar
  • Illustreerder: Hjalmar Pretorius (LAPA Uitgewers) – Lukas bou ’n superkar

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

  • Skrywer: Jacolet van den Berg – Tyd om te skaats

Klik hier om die res van die wenners vir 2022 te sien.