Aksieheld Austin as voorgeskrewe boek
Aksieheld Austin: Operasie Sabotasie
Skrywer: Fanie Viljoen
Ouderdom: 9+
Voorgestelde grade: Graad 5 tot 6 HT en graad 7 EAT
Meer oor die boek:
Ligte, kamera, aksie!
Ewald is baie opgewonde toe hy sy eerste rol in 'n fliek losslaan. Dit is immers nie sommer enige rol nie - hy speel die hoofrol! Hy is Aksieheld Austin, 'n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Iets is egter nie pluis op die filmstel nie.
Dit lyk asof 'n regte skurk die rolprent probeer saboteer. Kort voor lank is die hele filmspan se lewe in gevaar. En as Ewald die fliek wil red, sal hy so dapper soos 'n REGTE aksieheld moet wees ...
Hierdie asemrowende nuwe avontuurverhaal uit die pen van Fanie Viljoen is die eerste in 'n splinternuwe reeks oor Aksieheld Austin. Perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!
Klik hier om die eerste hoofstuk te lees.
Wat sluit die studiegids in:
1. Oor die skrywer
2. Visuele geletterdheid
2.1 Wat is visuele geletterdheid?
2.2 Hoe moet ’n visuele teks ontleed word?
2.3 Bespreking van die omslag
3. Letterkundige aspekte
3.1 Titel
3.2 Verhaallyn
3.3 Verteller
3.4 Karakters
3.5 Temas
3.6 Tyd
3.7 Ruimte
3.8 Spanning
3.9 Konflik
4. Kontekstuele vrae
5. Antwoorde
Klik hier om die kontekstuele vrae oor die hoofstuk wat ons verskaf het af te laai.