Skip to main content Skip to footer

Nuut op die rak in Junie

"They aren't gonna change this
We gotta do it ourselves
They think that it's over 
But it's just begun
Only one thing can save us
Only the young"

Taylor Swift, Only the Young


Ons glo vas daarin om te belê in die toekoms, en wie anders is die toekoms as die kinders en jeug van vandag? Op 16 Junie vier ons amptelik Jeugdag, maar ons het besluit om sommer die hele maand aan ons toekomstige leiers te wei. Ons gee deur die loop van die maand 'n paar wonderlike leesidees vir tieners weer en natuurlik is daar kraaknuwe boeke op die rak, vir jonk en ook 'n bietjie jonger. 

Prenteboeke vol pret:

Vir jongvolwasselesers:

Ons gee graag terug aan die jonger generasie. Ons luister na wat hulle wil lees en ons skrywers skryf dit. Iemand wat dit baie goed regkry om by die hedendaagse jongmens se psige in te kyk, is Cecilia Steyn.