Thomas@skerpioen.net

Thomas@skerpioen.net

ISBN: 9780799349498
R 195.00

Thomas en Hannes kan nie wag om 'n nuwe rekenaarspeletjie te toets wat hulle by Harry van die Cyber Tiger-internetkafee gekry het nie. Maar iets is verkeerd met die speletjie. 'n Geheimsinnige skerpioen verskyn op die rekenaarskerm en sy vriend is oortuig die speletjie is in werklikheid 'n gevaarlike rekenaarvirus. Thomas vermoed egter Hannes se verbeelding werk maar net weer oortyd. Dan breek iemand in die middel van die nag by Thomas se kamer in en krap tussen sy CD's rond. Dit lyk asof sy vriend tog reg was – iemand is desperaat om die CD met die rekenaarspeletjie in die hande te kry. Maar wie is dit – en hoe ver is hy bereid om te gaan?