Sneeuman-swem

Sneeuman-swem

ISBN: 9781776354658
Skrywer: Fanie Viljoen
R 145.00
“Gee vir my die een met die yskoue hart!”
Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom PADDA!
Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees. Maar sy lewe verander in ’n nagmerrie.
Op die skool se swemtoer breek die bus. Padda, Wayde en Trish moet hulp gaan soek. Maar ’n afskuwelike SNEEUMAN is op hulle spoor. En hy soek die een met die yskoue hart ... om op te vreet!
Gaan Padda se lewe in ’n grillerige grap eindig? Of gaan hy wys dat daar in elkeen van ons ’n held sit?
Sneeuman-swem is die derde boek in die Vreesveld-reeks. Ander titels in die reeks is Vampierhokkie en Monsterrugby.

Lees die uittreksel

Stuur ’n e-pos na info@klaskameraad.co.za om ’n kwotasie aan te vra.