Nova Omnibus 2

Nova Omnibus 2

ISBN: 9780799393170
Skrywer: Fanie Viljoen
R 218.50
Vir Lucas en sy vriende sal niks ooit weer dieselfde wees by die Nova-weermagbasis nie. Daar is geheime op Nova – gevaarlike geheime. Alles het begin met vreemde ligte in die naghemel, besoekers uit die buitenste ruimte, Lucas en sy vriende wat ontvoer is deur ruimtewesens – en eksperimente in Nova-eenheid se laboratoriums. Lucas en sy vriende het baie dinge deurgemaak en uitgevind. Maar daar is nog steeds vrae – en die Eindspel is nog op pad. Die laaste twee titels in Fanie Viljoen se naelkou-wetenskapsfiksiereeks is nou in ’n omnibus beskikbaar: Sterreloper Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy en sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale ... Maar daar is geheime wat Lucas steeds nie ontrafel het nie.