My hart is oppi plaas-gesegde & idioom-inkleurboek

My hart is oppi plaas-gesegde & idioom-inkleurboek

ISBN: 9781776353460
Skrywer: Wendy Maartens
R 110.00
Maak die potlode skerp. Skiet daai doppies van die merkpenne af.

Lê op ‘n baal, sit agterstevoor op ’n trekker, klim op na die solder in die skuur,
of gooi ‘n kombersie oop onder ‘n boom. Die tyd het aangebreek. Kom ons kleur
in! Hierdie vrolike inkleurboek bevat 22 eg-Afrikaanse gesegdes en idiome, elk
met interessante feite oor plaasdiere en volg op die gewilde Rooimiere-in-diebroek
idioom-inkleurboek.

Lees die uittreksel

Stuur ’n e-pos na info@klaskameraad.co.za om ’n kwotasie aan te vra.