Leer my lees Vlak 5, Boek 3: Tippie en die tandemuis

Leer my lees Vlak 5, Boek 3: Tippie en die tandemuis

ISBN: 9781776353019
R 45.00
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! LEER MY LEES met Tippie, Vlak 5 is die perfekte oorbruggings-reeks, voordat kinders ’n verskeidenheid tekste met selfvertroue, uitgebreide woordeskat en begrip kan lees. Die LEER MY LEES-reeks bevat kort, prettige stories oor alledaagse avonture wat vermaaklik is en waarmee die leser kan identifiseer, maar woordeskat, taal en begrip word tegelykertyd ontwikkel. Elke boek bevat ’n woordeskatlys, begripsvrae, hoër orde denkvrae, vrae om visuele geheue te stimuleer asook verskeie taalaktiwiteite gebaseer op die leesstuk. Titels in die Vlak 5-reeks: 1. Tippie en Buks juig 2. Tippie se vakansie 3. Tippie en die tandemuis 4. Tippie in die wildtuin 5. Tippie se plan 6. Tippie en die kompetisie 7. Tippie braai vleis 8. Tippie en Buks speel 9. Tippie en die skaapskeerders 10. Tippie en die orkes

Stuur ’n e-pos na info@klaskameraad.co.za om ’n kwotasie aan te vra.