Klasgids Apr 2018 Hoërskool

Klasgids Apr 2018 Hoërskool

ISBN: 9780799382273
Skrywer: Klaskameraad
R 80.75

Klasgids is al meer as 50 jaar lank die Afrikaansonderwyser (Afrikaans Huistaal en Eerste Addisionele Taal) se regterhand in die klaskamer. Die tydskrif verskyn kwartaalliks en bevat onder andere:

• Vraestelle
• Taaloefeninge en –toetse
• Besprekings en vrae oor voorgeskrewe gedigte en kortverhale.
• Wenke vir onderwysers en lesers oor allerhande onderwerpe.
• Lees wat doen onderwysers wat omgee vir hul leerders en vir Afrikaans!

Sedert 2014 verskyn daar elke kwartaal twee uitgawes van Klasgids: een vir die laerskool en een vir die hoërskool.