Erik en die kido-dinges

Erik en die kido-dinges

ISBN: 9780799340754
Skrywer: Leon de Villiers
R 137.75

Die kido-dinges of te wel die kidoteek, is byna soos ’n biblioteek. Maar by ’n kidoteek ruil ’n mens nie boeke om nie. By ’n kidoteek ruil ’n mens kinders om. Wanneer Erik se pa-hulle hom by die kidoteek gaan omruil vir ’n meer gehoorsame en ordentlike krulkop-dogtertjie, beland hy by Meneer en Mevrou de Kommer. Dié twee bekommer hulle oor alles – motorfietse, inbrekers, monsters, satelliete en insekte. Skielik lyk Erik se eie gesin vir hom glad nie meer so sleg nie en verlang hy selfs so ’n bietjie na hulle.