Die ontwaking van winter 1: Hartklop

Die ontwaking van winter 1: Hartklop

ISBN: 9781776354412
Skrywer: Sunel Combrinck
R 250.00
Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink en in 'n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in 'n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in 'n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en 'n vyand wat net nie wil los nie. En dan is daar Colden Breakspear. Die donkerkop, blou-oog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla. Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tír na hÓige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen? Hartklop is die eerste boek in 'n opwindende nuwe fantasiereeks vir jong volwassenes deur 'n belowende debuutskrywer. Die reeks bevat 'n pragtige liefdesverhaal, aksie, intrige en 'n magiese wêreld en is perfek vir aanhangers van skrywers soos Cassandra Clare, Holly Black, Leigh Bardugo en Sarah J Maas.

Lees die uittreksel

Stuur ’n e-pos na info@klaskameraad.co.za om ’n kwotasie aan te vra.