Ons Skolespan

Daar is vyf lede in die skolespan wat met skole en biblioteke regoor die land werk. Marieta Nel staan aan die hoof van die span, Kathie Viljoen en Hannes Barnard is in beheer van vyf provinsies elk en Nadine Petrick en Ena Stegman is die digitale bemarkingspan wat alles agter die aanlyn skerms laat mooi lyk en laat werk. Al vyf lede van die span se paaie het met dié van die onderwys gekruis. Beide Marieta en Kathie was Afrikaansonderwysers, Hannes se vrou is tans onderhoof van ‘n laerskool, Ena se ma is ‘n onderwyser en Nadine het lank as bemarker vir twee topskole gewerk.

Marieta Nel

Marieta Nel is al vir 10 jaar lank betrokke by LAPA en is tans die nasionale verkoopsbestuurder. Sy kan gekontak word by mnel@lapa.co.za

Kathie Viljoen

Kathie Viljoen is streeksverteenwoordiger en die redakteur van die HS en LS Klasgids. Sy is onder andere ook in beheer van agente-verkope en die diens van skoleboekhandelaars. Sy kan bereik word by kathiev@lapa.co.za

Hannes Barnard

Hannes Barnard is die skolespan se verkoopsverteenwoordiger vir Gauteng, Mpumalanga, Noordwes, Limpopo en Vrystaat, en diens ook skoleboekhandelaars in genoemde provinsies. Kontak hom by hbarnard@lapa.co.za

Nadine Petrick

Nadine Petrick is een van die skolespan se bemarkers. Sy is onder andere in beheer van sosiale media, bemarkingsplanne en die diens van nasionale biblioteke. Kontak haar gerus by npetrick@lapa.co.za

Ena Stegmann

Ena Stegmann is die skolespan se bemarkingsassistent en Klaskameraad-spesialis. Kontak haar by enas@lapa.co.za