Opstelle is aaklig – maar nie as jy weet hoe om dit te skryf nie

Opstelle is aaklig – maar nie as jy weet hoe om dit te skryf nie

Fanie Viljoen gee wonderlike wenke vir wanneer jy ‘n opstel moet skryf.

Gebruik hierdie storie-idees, die basiese raamwerk vir ‘n opstel en meer om lewe in jou skryfwerk te blaas. O ja, daar is ook die ding van die karakter wat jy met klippe moet gooi, die storie van die gesteelde fiets en die trane wat plof in die stof.

Wanneer jy ‘n opstel moet skryf of voorberei vir Vraestel 3, sal jy baie leer deur ‘n paar kortverhale te lees en op te let na watter tegnieke die skrywers inspan om ‘n treffende inleiding en boeiende slot te skryf. Hier is ‘n lekkerlees kortverhaalbundel vir tieners:

Koop die bundel by LAPA Uitgewers.

Iemand wat verdrink en ander verhale bevat kortverhale van ‘n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in een slag wil klaarlees sodat jy iemand word wat verdrink in stories …

Word iemand wat verdrink in stories …
Iemand wat verdrink.
Iemand met ‘n donker gewete.
Iemand wat ‘n vloekwoord hoor.
Iemand wat nie kan sien nie.
Iemand wat oranje word.
Iemand wat gesond eet vir Instagram likes.
Iemand wat klippe en klappers gooi.
Iemand in swart en wit.
Iemand wat beheer verloor.
Iemand wat ‘n boot vir sy pa bou.
Iemand wie se lewe verfrommel.
Iemand wat vir die eerste keer gim toe gaan.
Iemand wat reëls maak en wraak neem.
Iemand wat begrafnis blomme kry voor hy sterf.
Iemand en haar ouma en ‘n klomp befoeterde vroue.
Iemand wat na appels ruik.
Iemand wat, die vet weet, klaar is met koolsop.
Iemand wat zombies skiet.
Iemand vir wie mieliepap soos armoede smaak.
Iemand wat op banke duik.
Iemand wie se skooltas wegraak.
Iemand wat ongelukkig ‘n gelukkige trekking wen.
Iemand wat ‘n nuwe hart kry.
Iemand met ‘n stert.
Ontmoet hulle almal in hierdie bundel. En word iemand wat verdrink in stories.