LAPA-Jeugromankompetisie 2019

by Klaskameraad
LAPA-Jeugromankompetisie 2019

 

LAPA Uitgewers hou vanjaar weer ’n jeugromankompetisie.

Hierdie gewilde kompetisie het al groot name getrek, soos Fanie Viljoen (Afkop), Marita van der Vyver (Al wat ek weet), Jan Vermeulen (Asem), Nanette van Rooyen (Ek was hier) en Carina Diedericks-Hugo (Permanente ink). Nuwe stemme, soos Zelda Bezuidenhout (As mens geluk kon proe) is ook in hierdie kompetisie ontdek.

Die kompetisie se prysgeld beloop R50 000! Die eerste prys is R25 000, tweede is R15 000 en derde is R10 000. Selfs skrywers wat nie in die top drie eindig nie, staan steeds ’n kans om gepubliseer te word.

LAPA nooi graag alle skrywers en voornemende skrywers uit om deel te neem aan hierdie geleentheid om die stories, wat in jou kop wemel, die lig te laat sien.

Die verhaal moet in Afrikaans geskryf wees, en gemik op lesers tussen 12 en 18 jaar oud. Die voorgeskrewe lengte is 30 000 tot 70 000 woorde.

Inskrywings sluit die 31ste Oktober 2019. Besoek www.lapa.co.za vir meer inligting.