Klasgids 2019

Klasgids 2019

Klasgids is al 54 jaar lank die Afrikaansonderwyser se regterhand in die klaskamer. Die tydskrif verskyn kwartaalliks en bevat artikels oor taalonderrig asook leermateriaal vir Afrikaans Huistaal én Eerste Addisionele Taal.

Hoërskole koop gewoonlik een vir elke lid van die vakspan en die skoolbiblioteek en laerskole onderskeidelik een vir die Grondslag-, Intermediêre – en Seniorfase en een vir die biblioteek.

Onderwysers kan teen R320 vir die jaar inteken om Klasgids kwartaalliks in die pos te ontvang, óf enkeluitgawes koop teen R85 elk. Daar is ook beperkte voorraad van vorige uitgawes beskikbaar.

Ouers teken ook graag in op Klasgids vir die oefenvraestelle, notas en taaloefeninge.

      

Laai die inskrywingsvorm om in te teken op Klasgids 2019 hier af:

Klasgidsinskrywingsvorm 2019

 

Ons wil ook ‘n spesiale versoek aan onderwysers en vakadviseurs rig om SO GOU MOONTLIK vir ons materiaal te stuur vir moontlike publikasie in vanjaar se uitgawes van Klasgids (hoërskool en laerskool). Moedig ook gerus kollegas aan om vir ons bydraes te stuur. Jy ontvang vergoeding indien jou bydrae gepubliseer word.

Ons plaas o.a. graag enige van die volgende artikels:

  • Vraestelle en toetse Gr. 4-12 HT en/of EAT (sluit asb. memo’s in)
  • Grondslagfase: wenke en werkvelle
  • Mondeling: opdragte/idees/wenke
  • Skriftelike stelwerk: opdragte/idees
  • Taal: notas/oefeninge/werkvelle/toetse
  • Taaltoffie: Interessante inligting of vrae in verband met taal
  • Remediërend: werkvelle/artikels met raad en wenke of oor  leerprobleme
  • Woordeboekoefeninge/woordeboeklesse
  • Besprekings en vrae oor voorgeskrewe gedigte en kortverhale
  • So gebruik ek tegnologie in die klaskamer
  • Wenke vir onderwysers en lesers oor allerhande onderwerpe

Stuur asb. oorspronklike materiaal vir moontlike publikasie in Klasgids na kathiev@lapa.co.za.

 

Beperkte voorraad van vorige uitgawes is ook beskikbaar. Ook beskikbaar in e-boekformaat. Bestel by www.lapa.co.za.

  • Vir inskrywings en navrae, kontak monicat@lapa.co.za.
  • Stuur bydraes vir moontlike publikasie na kathiev@lapa.co.za.
  • Advertensies: karenj@lapa.co.za.