Cowboy Koekemoer by Atterbury teater

Cowboy Koekemoer by Atterbury teater

Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo

Boek deur Henry Ferreira (LAPA Uitgewers)

Doer vêr op die horison kom ‘n stofstreep oor die vlakte nader … Dit is Cowboy Koekemoer van die Klein-Karoo wat op sy getroue kameelperd, Shorty, aangery kom … gereed om skelms ‘n les te leer.

Wanneer gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer die kalmste cowboy in die hele Klein-Karoo! Kom kyk saam hoe hierdie storieboek lewe kry op die verhoog en pret, spanning en die uiteindelike: “HOERA!” jou laat uitsien na die volgende avontuur!

Datum: 28-29 Junie 2019 om 11:00

Besprekings: Yolandie – yolandie@enteractive.co.za of 082 572 2408