Afrikaans Plus – Woordsoorte – Parts of speech

Afrikaans Plus – Woordsoorte – Parts of speech

Oefening 1

Beantwoord elke keer die vraag.

  1. Vul die korrekte voorsetsel in: In die sirkus is daar akrobate wat toertjies ___ allerhande apparate doen.
  2. Vul die ontbrekende voornaamwoord in: Sirkusbase gebruik diere ook wat elk ___ eie toertjie doen.
  3. Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies: Daar is mense wat sê dat diere in ’n sirkus aan (erg) dieremishandeling grens.
  4. Gee die korrekte intensiewe vorm van die woord in hakies: Die apies dra (rooi) baadjies met (geel) knope op die arms en skouers.
  5. Verbind die twee sinne met die gegewe voegwoord tussen hakies: Die klein kindertjies begin huil. Die leeus brul baie hard. (wanneer)
  6. Gee die regte vorm van die werkwoord tussen hakies: Die (brul) leeus kry gewoonlik die beste applous.
  7. Skryf die korrekte vorm van die telwoord tussen hakkies neer: Daar is (14) perde wat in die rondte hardloop.
  8. Kies die korrekte voornaamwoord tussen hakies: Elke sirkusbaas is verantwoordelik vir (syne/sy/hy/hom) eie sirkustent.
  9. Gee die korrekte vorm van die bywoord tussen hakies: Die McLaren-sirkus bied (jaar) toere in Suid-Afrika aan.
  10. Kies die korrekte vorm van die selfstandige naamwoord tussen hakies: Jy kan net kaartjies by die (kaartjies kantoor / kaartjieskantoor) koop.

Antwoorde

  1. op
  2. hul
  3. erge
  4. bloedrooi, goudgeel
  5. Die klein kindertjies begin huil wanneer die leeus brul baie hard brul. / Wanneer die leeus baie hard brul, begin die klein kindertjies huil.
  6. brullende
  7. veertien
  8. sy
  9. jaarliks
  10. kaartjieskantoor

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.