Afrikaans Plus – Woorde wat dikwels verwar word – Words that can often cause confusion

Afrikaans Plus – Woorde wat dikwels verwar word – Words that can often cause confusion

Oefening 1

Kies die korrekte woord.

  1. Ek moet/moed my huiswerk doen.   Ek het al my moet/moed bymekaar geskraap om die meisie uit te vra.
  2. Ek hou van tamatiesous, maer/maar nie van tamaties nie.   Die hond is maer/maar, want hy eet te min.
  3. My ma kom haal/hael my by die skool.   Dit haal/hael en reën.
  4. Kyk hierdie mooi steun/steen wat ek opgetel het.   Ek steun/steen die Springbokke.
  5. My voet/voed is seer, ek kan nie daarop trap nie.  Die ma voet/voed die baba.
  6. My ma vuil/vyl haar naels.   Sies, die vloer is vuil/vyl.
  7. Die Goeie Fee/Vee het Aspoestertjie se pampoen in ’n koets verander.  Ek fee/vee die vloer met ’n besem.

Antwoorde

Oefening 1

  1. Ek moet my huiswerk doen.   Ek het al my moed bymekaar geskraap om die meisie uit te vra.
  2. Ek hou van tamatiesous, maar nie van tamaties nie.   Die hond is maer, want hy eet te min.
  3. My ma kom haal my by die skool.   Dit hael en reën.
  4. Kyk hierdie mooi steen wat ek opgetel het.   Ek steun die Springbokke.
  5. My voet is seer, ek kan nie daarop trap nie.  Die ma voed die baba.
  6. My ma vyl haar naels.   Sies, die vloer is vuil.
  7. Die Goeie Fee het Aspoestertjie se pampoen in ’n koets verander.  Ek vee die vloer met ’n besem.

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.