Afrikaans Plus – Vriendskaplike brief – Friendly letter

Afrikaans Plus – Vriendskaplike brief – Friendly letter

Voorbeeld van ‘n vriendskaplike brief

 

                                                                                                            Jammerstraat 63

                                                                                                            Belhar

                                                                                                            7493

                                                                                                            4 Maart 2014

Liewe Enwer

Ek was verkeerd, Dit is die eerste woorde in hierdie brief, net soos dit die eerste woorde in my kop was nadat ek so onbeskof was.

Jy weet hoe ek oor Manchester United voel. Dis mý sokkerspan daai!  Ek weet hulle speel die afgelope tyd swak, maar toe jy dit sê, toe bars iets hier binne my. Ek het regtig nie bedoel om jou vet te noem nie. Jy moet erken jy is ’n bietjie van ’n pokkel, en ons maak mos soms saam grappies daaroor, maar hierdie keer was ek regtig onbedagsaam en kru. Hierdie keer het dit anders uitgekom. Ek is rêrig so, so jammer, boet. Ek hoop jy kan my vergewe.

Ek vra nederig om verskoning. Ek wil so graag weer saam met jou rondspeel en grappies maak – net nie oor Manchester United nie!  (Grappie!)

Hopelik nog steeds jou vriend

Victor

Victor Arendse  Gr 12 EAT Parow  

 

Nog ‘n voorbeeld van ‘n vriendskaplike brief

 

Simanga Straat 201

Bloekombos

Kraaifontein

7570

30 Januarie 2014

Liewe Nicole

Ek hoop dit gaan goed met jou en jou familie. Ek wil jou vertel van die skool waar ek nou is. Dit is baie lekker, maar dit het so baie reëls! Jy mag nie eens ’n paar minute laat kom nie, dan word jy huis toe gestuur. Hier baklei die kinders nie met mekaar nie. Dit is alles ordelik. Ons kry ook kos en ons het nou Saterdagklasse ook. Dit gaan ons baie help.

Die juffrouens verduidelik vir jou stap vir stap en as jy iets van jou skoolwerk nie verstaan nie, sal hulle jou help om dit te verstaan. Hulle sal jou nooit skel as jy nie iets ken nie; hulle sal net sê jy moet na skool kom sodat julle saam kan praat en hulle jou kan help. Hulle wil net die hoogste punte van ons hê. Hulle gee regtig om vir die leerders. Hulle hou daarvan dat jy by die skool gelukkig moet, want ons is almal susters en broers.

Die “CAPS” is reg, maar ek is bekommerd oor party van my vakke, want ek verstaan nie alles nie. Hierdie assesseringstelsel en die baie take! Ek weet nie eers waar om te begin nie. Maar ek moet net deurdruk! Ek weet ek kan dit doen.

Ek mis jou!

Liefde.

Marelize

 

Marelize van Rooyen  Gr. 11 EAT  Masibambane  

Beskikbaar  by www.lapa.co.za | 012 401 0700.