Afrikaans Plus – Voegwoorde – Conjunctions

Oefening 1
Verbind die volgende sinne met die woord tussen hakies:
- Ek slaap vanoggend laat. Ek was gisteraand laat uit. (want)
- Sam weet. Hy is in groot moeilikheid. (dat)
- Jy sal jou litte moet roer. Jy gaan laat wees vir ete. (anders)
- Ons het nie meer melk in die huis nie. Ek loop gou kafee toe. (daarom)
- Ek gaan nie saameet nie. Ek is nie honger nie. (aangesien)
Antwoorde:
Oefening 1
- Ek slaap vanoggend laat, want ek was gisteraand laat uit.
- Sam weet dat hy in groot moeilikheid is.
- Jy sal jou litte moet roer, anders gaan jy laat wees vir ete.
- Ons het nie meer melk in die huis nie, daarom loop ek gou kafee toe.
- Ek gaan nie saameet nie aangesien ek nie honger is nie.