Afrikaans Plus – Sinonieme – Synonyms

Afrikaans Plus – Sinonieme – Synonyms

Oefening 1

Gee ‘n sinoniem vir die vetgedrukte woord in elke sin.

  1. As jy griep het, moet ‘n geneesheer vir jou antibiotika voorskryf.
  2. Niemand kan jou dwing om te swem in dié koue nie.
  3. Die ondersteuners maak ‘n groot lawaai langs die rugbyveld.
  4. Jy kan goeie gehalte vleis by die slaghuis koop.
  5. Niemand is volmaak nie, almal maak foute.
  6. Die boek is gewild onder tienermeisies.
  7. Dankie vir die pragtige geskenk!
  8. Ek hou daarvan om rympies te skryf.
  9. Dit maak my ma woedend as ek nie soggens my bed opmaak nie.
  10. Het jy al die nuwe rolprent oor dinosourusse gesien?

Antwoorde

Oefening 1

  1. dokter
  2. forseer
  3. geraas
  4. kwaliteit
  5. perfek
  6. populêr
  7. present
  8. gediggies
  9. kwaad
  10. film/fliek

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.