Afrikaans Plus – Idiome – Idioms

Oefening 1
Voltooi die volgende idiome.
- Iemand op die __________ klop. (Iemand prys.)
- ___________ is nie perdekoop nie. (Om te trou is ’n ernstige saak.)
- Voëls van eenderse _____________ wees. (Hulle geaardheid is dieselfde.)
- Soos __________ op ’n eend se rug. (Iemand wat hom aan niks steur nie.)
Oefening 2
Gee die gepaste idioom vir die volgende sinne. Gebruik die sleutelwoorde tussen hakies om jou te help.
- Ek het êrens so iets gehoor. (voëltjie)
- Hy was baie kwaad. (slange)
- Hy dink baie van homself. (kaas)
- Baie spyt wees oor iets. (hare)
Antwoorde
Oefening 1
- Iemand op die skouer klop. (Iemand prys.)
- Trou is nie perdekoop nie. (Om te trou is ’n ernstige saak.)
- Voëls van eenderse vere wees. (Hulle geaardheid is dieselfde.)
- Soos water op ’n eend se rug. (Iemand wat hom aan niks steur nie.)
Oefening 2
- Ek het ’n voëltjie hoor fluit.
- Hy kon slange vang.
- Hy dink hy’s kaas.
- Jou hare uit jou kop trek.