Afrikaans Plus – Bywoorde – Adverbs

Afrikaans Plus – Bywoorde – Adverbs

Oefening 1

Skryf die onderstaande sin oor en brei elkeen uit deur ’n bywoord by te voeg.

  1. Die babatjie leer om te loop.
  2. Ons sal môre moet opstaan as ons die bus wil haal.
  3. Die haan kraai in oggend.
  4. Die fietsryer het my raakgery.
  5. Jy moet my kom help.
  6. Jy gaan hier slaap.
  7. Ek het die antwoord geweet.
  8. Ek is lus vir ‘n roomys.
  9. Om die bekommerd te wees is, is nie die moeite werd nie.
  10. Sy het na hom gesoek.

Oefening 2

Gee een woord vir die volgende bywoordelike  frases.

  1. Ons moet (baie keer) my oupa met sy tuinwerk help.
  2. Wanneer ons (by die huis) is, baklei ek en my sussie oor wie met die hond moet gaan stap.
  3. (In die oggend) is dit my werk om my budjie se hok skoon te maak.
  4. Tydens die Desember-vakansiem, is die verkeer (elke jaar) baie druk.
  5. My pa moet baie vir sy werk reis en hy ken (op elke plek)
  6. Daar is ’n uil ons tuin wat gereeld (in die nag) sy hoe-hoe-geluid roep.
  7. My pa help altyd my ma in die kombuis wanneer hy (in die aand) huistoe kom.
  8. Ek is (op hierdie dag) 18 jaar oud!
  9. ’n Mens moet (elke dag) sorg dat jy al jou vitamiene inkry.
  10. Ons bly (’n kort entjie) die skool.

 

Antwoorde: Oefening 1

  1. Die babatjie leer vinnig om te loop. (gou-gou, stadig, vroeg)
  2. Ons sal môre vroeg moet opstaan as ons ’n saamrygeleenheid wil hê. (vinnig, betyds)
  3. Die haan kraai gereeld in oggend. (hard, vroeg)
  4. Die fietsryer het my amper raakgery. (gister)
  5. Jy moet my gou-gou kom help. (dadelik, oormôre)
  6. Jy gaan vanaand hier slaap. (die naweek, heeltyd, lekker)
  7. Ek het dadelik die antwoord geweet. (skielik,netnou)
  8. Ek is vreeslik lus vir ‘n roomys. (baie, altyd, vakansies)
  9. Om die heeltyd bekommerd te wees is, is nie die moeite werd nie. (gereeld, snags)
  10. Sy het oral na hom gesoek. (buite, iewers)

Antwoorde: Oefening 2

  1. gereeld .
  2. tuis
  3. Soggens
  4. jaarliks
  5. oral
  6. snags
  7. saans
  8. vandag
  9. daagliks
  10. naby

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.