Afrikaans Plus – Bedrywende en lydende vorm – Active and passive voice

Afrikaans Plus – Bedrywende en lydende vorm – Active and passive voice

Oefening 1

Skryf die volgende sin oor in die bedrywende/aktiewe vorm:

  1. ’n Koek word deur Mary gebak.
  2. ’n Mooi oorwinning is deur Grey Bloem behaal.
  3. Die bal sal deur die seun geskop word.
  4. Albei bene van die motorfietsryer moes na die ongeluk geamputeer word.
  5. Die stout seun is deur die klas gewaarsku.
  6. Die arrogante meisie is vinnig op haar plek gesit.
  7. Die los bal word vir ’n ses geslaan deur Amla.
  8. Yvette Hardy word bekroon.
  9. Beloftes van groot geld is aan my gemaak.
  10. Die heinings sal volgende week deur die munisipale werkers herstel word.

Oefening 2

Skryf die volgende sin oor in die lydende/passiewe vorm:

  1. James eet graag broccoli.
  2. James en Jimmy speel graag in die parkie.
  3. Die dokter opereer die siek pasiënt.
  4. Die Sweedse koningin het die kleuters bekoor.
  5. Sue het ’n brief geskryf.
  6. In die ou dae het mens briewe geskryf.
  7. Susie sal later die e-pos stuur.
  8. Susie sal later aan almal ’n e-pos stuur.
  9. My seun sal vir altyd hiervoor betaal.
  10. Zim-polisie rand mense tuis aan.

Oefening 3

Skryf die volgende sin oor, maar begin met die onderstreepte gedeelte:

  1. Verhogings maak min mense ryker.
  2. Die Duitsers het steenkool uitfaseer.
  3. Kyle Brown ewenaar dié naweek Frankie Horne se rekord.
  4. Die Wêreldbeker sal weer deur die Springbokke gewen word.
  5. Djokovic gooi handdoek in teen Federer.
  6. Veiligheidswagte beveilig nou die perseel.
  7. Die heerlikste kos word deur ons nuwe sjef
  8. Maak die vensters toe!
  9. Die vensters kan gerus gewas word! (Begin met: julle)
  10. Daar is deur die omstanders beweer dat dit selfverdediging was.

 

Antwoorde

Oefening 1

Die bedrywende/aktiewe vorm:

  1. Mary bak ’n koek.
  2. Grey Bloem het ’n mooi oorwinning behaal.
  3. Die seun sal die bal skop.
  4. Hulle moes albei bene van die motorfietsryer na die ongeluk amputeer.
  5. Die klas het die stout seun gewaarsku.
  6. Hulle het die arrogante meisie vinnig op haar plek gesit.
  7. Amla slaan die los bal vir ’n ses.
  8. Hulle bekroonYvette Hardy.
  9. Hulle het beloftes van groot geld aan my gemaak.
  10. Die heinings sal volgende week deur die munisipale werkers herstel word.

Oefening 2

Die lydende/passiewe vorm:

  1. Broccoli word graag deur James geëet.
  2. Daar word graag deur James en Jimmy in die parkie gespeel.
  3. Die siek pasiënt word deur die dokter (ge)opereer.
  4. Die kleuters is deur die Sweedse koningin bekoor.
  5. ’n Brief is deur Sue geskryf.
  6. Briewe is in die ou dae geskryf. (Leave “die mense” out. It refers to people in general.)
  7. Die e-pos sal later deur Susie gestuur word.
  8. ’n E-pos sal later deur Susie aan almal gestuur word.
  9. Hiervoor sal my seun vir altyd betaal.
  10. Mense word deur Zim-polisie tuis aangerand.

Oefening 3

  1. Min mense word deur verhogings ryker gemaak.
  2. Steenkool is deur die Duitsers uitgefaseer.
  3. Frankie Horne se rekenaar word dié naweek deur Kyle Brown geëwenaar.
  4. Die Springbokke sal weer die Wêreldbeker wen.
  5. Handdoek word deur Djokovic ingegooi teen Federer.
  6. Die perseel word nou deur veiligheidswagte beveilig.
  7. Ons nuwe sjef maak die heerlikste kos.
  8. Die vensters moet toegemaak word!
  9. Julle kan gerus die vensters was.
  10. Die omstanders het beweer dat dit selfverdediging was.

 

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.