In die kollig – speeltekste vir dramaleerders

In die kollig – speeltekste vir dramaleerders

“Wat kan my kind hierdie jaar by die eisteddfod voordra?”

Elke jaar krap onderwysers, ouers en drama-afrigters kop oor hierdie vraag.

Die veteraanaktrise Lizz Meiring se nuwe bundel met 33 verhoogtekste is die oplossing! In hierdie versameling het Lizz ’n verskeidenheid tekste van verskillende skrywers bymekaargemaak – almal gereed om opgevoer te word.

As jy op soek is na ’n nommerpas teks om by die eisteddfod voor te dra, ’n stuk om vir jou volgende dramaklas voor te berei, of jou eie prettige eenmanvertoning of toneelstuk op die planke wil bring, is hierdie die perfekte boek vir jou!

Die opwindende verskeidenheid tekste in hierdie bundel maak voorsiening vir spelers met verskillend ervaringsvlakke – van haasbek-beginners tot gesoute akteurs en aktrises. Daar is skreeusnaakse én ernstige tekste, en jy kan kies uit monoloë, dialoë en tekste vir meer as een speler.

Skrywers wie se werk in die bundel opgeneem is, sluit onder meer in Jaco Jacobs, Fanie Viljoen, François Bloemhof, Franci Greyling, Christie Nortjé en Licia Erasmus.

Geskik vir die klaskamer, eisteddfods, dramaklasse en skoolopvoerings.

Beskikbaar as e-boek by LAPA Uitgewers. Klik hier om te bestel.