Gratis plakkate: ‘n Goeie dag vir boomklim

Gratis plakkate: ‘n Goeie dag vir boomklim

’n Goeie dag vir boomklim is ’n humoristiese, deernisvolle verhaal oor Marnus, ’n gefrustreerde middelkind, wat een Desembervakansie saam met ’n vreemde meisie bo in ’n boom beland in ’n poging om te keer dat die plaaslike owerheid dit afsaag. Die boek is ’n gewilde voorgeskrewe boek vir grade 7 HT en 8 EAT. Daar is ook ‘n gratis studiegids beskikbaar.

Klik hier om die gratis studiegids af te laai.

Laai hierdie mooi plakkate vir die biblioteek of klaskamer gratis af:

 

    

Marnus is moeg daarvoor om in sy twee broers se skadu te leef. Maar toe ’n meisie genaamd Leila hom een oggend vra om ’n petisie teken, is dit die begin van ’n onverwagse avontuur. Marnus beland saam met Leila bo in ’n boom in ’n desperate poging om te keer dat dit afgekap word. En uiteindelik kry Marnus ’n kans om raakgesien te word …

 

‘n Goeie dag vir boomklim is beskikbaar by LAPA Uitgewers.