ATKV-Kinderboektoekennings 2018: Wenners bekend gemaak

by Klaskameraad
ATKV-Kinderboektoekennings 2018: Wenners bekend gemaak

Die wenners in die ATKV-Kinderboektoekennings is onlangs bekend gemaak. Dié kompetisie word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke te bekroon wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het. Die boeke wat vir hierdie toekennings in aanmerking kom, word deur die kinders self beoordeel.

Die wenners is soos volg:

Voorleeskategorie: Graad RR – 1
•    Skrywer: Louise Smit (Human & Rousseau) – Bennie Boekwurm se tonnelhuisie
•    Illustreerder: Johann Strauss (Human & Rousseau) – Bennie Boekwurm se tonnelhuisie

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3
•    Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Professor Fungus en die monsterformule
•    Illustreerder: Johann Strauss (LAPA Uitgewers) – Professor Fungus en die monsterformule

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5
•    Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Zackie Mostert en die super-stinkbom
•    Illustreerder: Elsbeth Eksteen (LAPA Uitgewers) – La di da, Lulu

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7
•    Skrywer: Cecilia Steyn (Human & Rousseau) – #PresiesAnders: Eksperimente en eerste soene

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10
•    Skrywer: Marion Erskine (Human & Rousseau) – Vlerke vir almal

Die Kinderboektoekennings is daarop gerig om kinders te laat lees en om sodoende die verkoop van Afrikaanse kinderboeke aan te moedig. Verder wil die ATKV skrywers, uitgewers en illustreerders deur middel van hierdie projek help deur ‘n aanduiding te probeer gee van watter boeke kinders werklik hou. Met dié toekennings ontvang skrywers, uitgewers en illustreerders ook erkenning vir hul toegewyde werk.

Kinders in graad RR tot leerders in graad 10 is die beoordelaars en neem deur skole en biblioteke deel.