Afrikaans Plus – Voornaamwoorde – Pronouns

Afrikaans Plus – Voornaamwoorde – Pronouns

Oefening 1

Vul die korrekte voornaamwoord in.

  1. Sarah speel klavier. ___ is mal oor Beethoven.
  2. Pete is ‘n ___ hou daarvan om ___ raket in ’n sak te dra.
  3. Fiona maak die lekkerste broodjies en elke pouse wil almal van ___ broodjies hê.
  4. Ons nooi gereeld mense na ___ huis vir ’n braai.
  5. My bure speel baie sokker op die veld langs ___ huis.
  6. Darren en sy broer is mal oor LAN. Die rekenaars by die huis is ___ s’n.
  7. Wanneer julle piekniek hou, moet ___ onthou om komberse saam te neem.
  8. Goeiemôre meneer, u kan maar deurstap. ___ moet daardie vorm invul.
  9. Rickert teel met slange. Al die slange in die glaskas is ___ .
  10. Die vrou abba ___ babatjie op ___ rug.

Oefening 2

Kies die korrekte voornaamwoord tussen hakies.

  1. Die seun (wie/wat) die slang vashou, is (my/myne) vriend.
  2. Die kinders (wat/wie) op die bank sit, is almal in graad 8.
  3. Die winkel, deur (wie/wat) ek my handboeke bestel het, het dit vinnig afgelewer.
  4. Die pen (wat/wie) ek vashou, is (sy/my/haar) gunsteling pen.
  5. My sussie, vir (wie/wat) ek baie lief is, is nou eers drie jaar oud.
  6. Ek het die bal (wie/wat) langs die veld lê, laaste geraak.
  7. Die goudvis (wie/wat) in die rondte swem, lyk net soos Nimo.
  8. Die meisies (wie/wat) in die ambulans is, het (sy/haar/hare) arm gebreek.
  9. Ons bure (wie/wat) se honde baie blaf, neem gereeld (hulle/hulle s’n) honde na die parkie toe.
  10. Die seun op (wie/wat) ek verlief is, hou gelukkig ook baie van (my/haar/sy)!

Oefening 3

Gee een woord vir die woorde in hakies.

  1. Die stoel (op + wat) ek sit, het ’n lekker sagte kussing op.
  2. Die see (in + wat) ons swem, se water is lekker warm vandag.
  3. My speelgoedkarretjies is lankal gebêre. Ek speel nie meer (met +dit) nie.
  4. My ma koop gereeld uie. Sy kan nie (sonder + dit) lasagne maak nie.
  5. (Met + wat) gaan jy die stoep vee?
  6. My babahondjie is mal oor sy nuwe kosbak. Hy eet elke dag (uit + dit).
  7. (Wat + vir) het jy twee nuwe boeke en 10 potlode nodig?
  8. My ouers hou nie (van + dit) as ek laat uitbly nie.
  9. Die bottels (waar + uit) die spelers drink, is van plastiek.
  10. My ouma het die kombers (onder +wat) ek slaap, spesiaal vir my gebrei.

 

Antwoorde

Oefening 1

  1. Sy
  2. Hy; sy
  3. haar
  4. ons
  5. hulle
  6. hulle
  7. julle
  8. U
  9. syne
  10. haar; haar

Oefening 2

  1. wat; my
  2. wat
  3. wie
  4. wat; my
  5. wie
  6. wat
  7. wat
  8. wat; haar
  9. wie; hulle
  10. wie; my

Oefening 3

  1. waarop
  2. waarin
  3. daarmee
  4. daarsonder
  5. Waarmee
  6. daaruit
  7. Waarvoor
  8. daarvan
  9. waaruit
  10. waaronder

    

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.