Afrikaans Plus – Toespraak – Speech

Afrikaans Plus – Toespraak – Speech

Voorbeeld van ‘n toespraak

Toespraak vir die onderwysers

Onderwysers is ons rigtingwysers, want hulle gebruik hul kennis om studente die lig en die pad na daardie lig te wys.

Geagte Personeel

Om tot siens te sê, kan ’n bitter saak wees, veral as jy ’n leerder van JG Meiring is. Ons het gekom aan die einde van ’n uitstekende jaar. ’n Jaar van veranderinge. ’n Jaar van vernuwing. Die leerders van JG Meiring kon hierdie sukses nie behaal het sonder die hulp van hierdie hulpvaardige personeel nie.

Eerstens wil ek en die res van die leerders dankie sê aan die onderwysers. Baie dankie vir al die ure wat u ingesit het om ons kennis uit te brei en ons te help groei. Dankie vir al die inspirerende woorde, sowel as die streng woorde wat ons gehoor het as ons nie ons huiswerk gedoen het nie of nie ons geld vir die “Surf Walk” gebring het nie. So ongelooflik soos dit mag klink, is ons selfs ook dankbaar vir die detensies, want dit het baie van ons geleer om nie weer die verkeerde pad te kies nie.

Tweedens wil ek baie dankie sê vir die skoonmaakpersoneel van die skool. As dit nie vir u was nie, sou ons sonder beligting in ons klasse gesit het of ’n skoolterrein gehad het wat soos n vullishoop lyk. Die bydrae wat u gemaak het, sal ons altyd waardeer. Ja, u is ook “important”!

Laastens wil ek dankie sê vir ons skoolhoof: Baie dankie, Meneer, dat u hierdie instelling so uitstekend bestuur.

Medematrieks, dit mag wel vir ons voel soos die einde,  maar onthou: dit is net die begin!

 

Shanley Ramrock,  Gr. 12 EAT JG Meiring 

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.