Afrikaans Plus – Koerantberig – Newspaper article

Afrikaans Plus – Koerantberig – Newspaper article

Voorbeeld van ‘n koerantberig

Vermiste meisie in swembad gevind

KAAPSTAD. – ’n Sestienjarige meisie wat verlede Vrydag by Milnerton se polisiestasie as vermis aangegee is, is gisteroggend in ’n swembad in Athlone gevind.

Sara Kringel (16) het Vrydagmiddag om tweeuur van haar ouerhuis weggeloop. Sy het na ’n vriendin se huis in Athlone geloop. Die vriendin, Geraldine Kriel, en haar gesin was egter vir die naweek weg. Sara het haar in hul agterplaas tuisgemaak. Toe die Kriel-gesin die Maandagoggend teruggekeer het, het hulle haar liggaam in hul swembad aangetref.

“Ek weet nie hoekom sy nie teruggekom het huis toe, toe Geraldine-hulle nie daar was nie,” het mnr. Kringel aan Son se verslaggewer verklaar. Volgens Kringel het hulle nie onraad vermoed toe Sara gaan kuier het nie, want die twee is  goeie vriendinne. “Ons is stomgeslaan. Sy was ’n gelukkige kind wat alles in die lewe met glimlag aangepak het.” Mevrou Kringel was nie vir kommentaar beskikbaar nie.

Volgens die Kriels se bure het niemand onraad vermoed toe hulle Kringel in en uit die huis sien gaan het nie. “Ek het wel gewonder hoekom sy alleen daar bly as die Kriels nie die naweek daar is nie,” het Faith Groenewald, die buurvrou oorkant die straat, gesê.

Kriel en Kringel se klasmaats is in ’n toestand van skok en ontvangs tans berading by die skool.

Die saak geniet dringende aandag. Sersant Du Plooy van die SAPD-tak in Athlone vra dat enige iemand met verdere inligting die polisie by 021 697 9200 moet skakel.

 

Tyrone Maartens, Table View (aangepas)

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.