Afrikaans Plus – Dialoog – Dialogue

Afrikaans Plus – Dialoog – Dialogue

Voorbeeld van ‘n dialoog

Dialoog met pa

PAMELA: Tata, ek moet gaan! Al my vriende sal al klaar daar wees. Asseblief?
TATA: Pamela, ek het nee gesê! Hoekom wil jy gaan?As ek nee sê, is dit nee!
PAMELA: Almal is al klaar daar! Natuurlik moet ek ook daar wees!
TATA: Pamela Gqudu, moet net nie my knoppie druk nie! Ek het mos gesê jy gaan nie na daardie Jol nie. Nx!
PAMELA: (staan op en storm af by die trappe) Jy maak my lewe hel! En ek haat jou!
TATA: (loop agter Pamela aan; trek haar arm) Luister hier, jong meisie! Daardie vriende is nie goed vir jou nie! Ek wil nie hê julle moet saam kuier nie!
PAMELA: Tata, los my arm! Jy maak my seer. Anyway, whatever! Ek gaan mos nou nié!
TATA: Ek doen dit, want ek is lief vir jou.
PAMELA: (beklemtoon elke lettergreep) As-se-bliéf! Jy? Lief vir my? Aggg …
TATA: Ek’s jammer, my kind, maar eendag sal jy besef ek het dit uit liefde gedoen.
PAMELA: Tata, doen my ’n guns. Haal jou neus uit my sake uit. En soos ek gesê het, ek gaan nie na die Jol nie.
TATA: Ek sal die Jol na jou toe bring. Kom ons hou ons eie paartie!
PAMELA: (sug, mompel) Mxm, ag! ’n Partytjie met ’n ou man … Sê my iets anders!
TATA: Huh? Wat was daai?
PAMELA: Tata, nee dankie, ek wil nie meer Jol toe gaan nie! (Trek haar kamerdeur toe)
   

Pamela Gqudu, Gr. 9 EAT Masibambane Sekondêr

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.