Afrikaans Plus – Byvoeglike naamwoorde – Adjectives

Afrikaans Plus – Byvoeglike naamwoorde – Adjectives

Oefening 1

Gee die korrekte vorm van die byvoeglike naamwoord tussen hakies.

  1. Suid-Afrika is ’n (fantasties) land vir toerisme.
  2. Ons land bied ’n groot en (interessant) verskeidenheid aan elke toeris.
  3. Om die kabelkar na Tafelberg te ry, is ’n (gewild) keuse.
  4. In die Magaliesberge is daar (kleurvol) lugballonne.
  5. In Durban is daar die (helder) water om in te ski, skuba en branders ry.
  6. Die (groot) mensgemaakte gat in die wêreld is in Kimberley.
  7. Toeriste wat lemoene in die Gamtoosvallei in die Oos-Kaap koop, is beslis (slim) as dié wat dit in winkels gaan koop.
  8. Die (lank) rye van motors by die Walter Sisulu Nasionale Botaniese tuin in Gauteng, is ’n (goed) aanduiding dat dit ’n (gewild) plek is.
  9. Jy gaan sukkel om (helder) rotstekening as dié by Sterkfontein Grotte te kry.
  10. In Limpopo sal jy (vroeg) as gewoonlik moet opstaan wanneer jy in die Kruger Wildtuin is. Met sonopkoms jag die leeus (maklik) omdat hulle  honger is.
  11. Dullstroom is bekend vir sy (moeg) vissermanne… dis die (goed) plek om  vlieghengel te doen.
  12. In die Suid-Kaap is daar die (gesog) Boomtoptoere in die Tsitsikamma-woud en in Knysna gaan jy net (leeg) borde tydens die Oesterfees sien!
  13. Om net vir ’n (half) dag deur die Klein Karoo te ry, sal jou weer die stilte en die mooi van die (wyd) vlaktes laat waardeer.
  14. Die krater by Vredefort in die Vrystaat, is ’n (indrukwekkend) gesig en ook die grootste (verifieer) impakkrater in die wêreld.

 

Antwoorde

Oefening 1

  1. fantastiese
  2. interessante
  3. gewilde
  4. kleurvolle
  5. helderste
  6. grootste
  7. slimmer
  8. lang; goeie; gewilde
  9. helderder / meer helder
  10. vroeër; makliker
  11. moeë; beste
  12. gesogte; leë
  13. halwe; wye
  14. indrukwekkende; geverifieerde

Beskikbaar by www.lapa.co.za | 012 401 0700.